top of page

Ons Skoolhoof

Mnr. M. Vermaak

As nuwe skoolhoof wil ek die prysenswaardige voorbeeld wat my voorgangers daargestel het, navolg. Ek ag dit ook my plig om 'n nuwe era met nuwe uitdagings aan te gryp sodat daar steeds groei en vooruitgang kan plaasvind.

  Hentie Cilliers het 'n baie ryk erfenis van tradisie, hoë akademiese standaarde, sport prestasies en ‘n verskeidenheid and ko-kurrikulêre hoogtepunte.  Henties is gebou op duidelik vasgestelde waardes waarmee alle rolspelers by die skool kan vereenselwig.  Al hierdie aspekte van ons skool het ten doel om ons pragtige leuse; “Skool van eerste keuse” altyd waar te maak.

Vir alle ouers is die opvoeding van hul kinders van die uiterste belang en is die keuse van die regte skool nie ‘n maklike taak nie.  ‘n Goeie opvoeding is een van die beste geskenke wat jy vir jou kind kan gee.  Dit is iets wat hulle nie kan verloor of wat van hul weg geneem kan word nie.  ‘n Goeie opvoeding sal hul in staat stel om hul potensiaal te verwesenlik en hul kans vergroot om ‘n suksesvolle lewe te lei.

Ek verseker u dat Henties die regte keuse is!! Ons heg groot waarde aan tradisie maar is nie vasgevang in die verlede nie.  Ons glo daarin om die beste van die verlede te behou, maar toon ook ‘n bereidwilligheid om aan te pas by verandering: Om pro-aktief en relevant te wees ter voorbereiding van ons leerlinge se rol as produktiewe landsburgers.  Ons reputasie in hierdie verband word wyd erken.  Ons sien verandering nie as ‘n bedreiging nie, maar as ‘n uitdaging om te vernuwe.

Dit gaan ook vir my oor meer as net die skool maar ook oor ons dorp en gemeenskap.  En daarom kan ek met eerlikheid sê dat indien u keuse nie Henties is nie, is dit die verkeerde keuse.  Kies dus saam met my Henties as “Skool van eerste keuse.”

'n Woord van die Skoolhoof/A Word from the principal

bottom of page